Back 

News

Tweekamp

Komatipoorters verteenwoordig Mpumalanga op SA in Oudtshoorn

Author: Guss Davey/06 April 2013/Categories: Sport, Komatipoort

Rate this article:
4.5
Tweekamp
Dertien van die 25 tweekamp atlete wat Mpumalanga verteenwoordig het by die interprovinsiale SA kampioenskap in Oudtshoorn is van Komatipoort afkomstig.

Die kompetisie was soos altyd van hoogstaande kwaliteit, hierdie jaar in die dorp waar die KNK aangebied word. Gegewe die relatief ver afstand na die venue, was daar minder deelnemers vanaf Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat. Nie een van die provinsies het minder as 25 deelnemers gehad wat deelgeneem het nie, en dis duidelik Komatipoort kan egter trots wees daarop dat van die 25 deelnemers wat Mpumalanga verteenwoordig het, dertien van Komatipoort afkomstig was. Tien van die jongmense is van Komati Akademie, en twee van hierdie kinders is in Nelspruit Hoërskool.

Volgens die Komatipoort afrigters was ons Komati atlete goed voorbereid, fiks en het elkeen tydens die byeenkoms ‘n persoonlike beste tyd in elkeen van hulle items bereik. Die Mpumalanga bestuur het die norm in 2013 hoër gestel, na ‘n voorvereiste 1800 punte minnimum, en was daaroor onkompromiteerbaar. Magda Stronkhorst, voorsitter van die Mpumalanga Tweekamp Vereniging is baie trots op die provinsie se prestasie. Mpuamalanga moet mee gereken word, na hierdie norm-skuif, en is ’n fakor. Mpumalanga spog ook met die victor ladorum vir die nasionale byeenkoms, in die persoon van Justin Smit van Nelspruit.

Sonder borgskappe sou die byeenkoms nie gepaard gegaan het met die kenmerkende unieke uitrustings van die atlete nie. Komatipoort Superspar, Fineandcountry Lowveld Kruger South, BP vulstasie Komatipoort, Impala Elektries, Momentum, Dirk en Doons Hurter - word opreg bedank vir hulle borgskappe- waardeur òf die uitrustings bekom is òf die aankoopprys versag is. Hulle kan daarop reken hulle borgskap was duidelik waarneembaar in die borduurinsetsels, en sal nog voortleef – omdat die uitrusting gebruik en gedra sal word vir nog baie lank na die byeenkoms. 

Die uitslae is gepubliseer onder http://www.sabiathlon.co.za/index.php?p=32 - die webtuiste van SA Tweekamp.

Die komatipoorters wat deelgeneem het aan die SA kampioenskappe, en hulle punte verdien, is soos volg:      

Seuns 0/11           WG Engelbrecht 1978   Hanro van Heerden 1909   Marnu Verwey 2065
Mans Veterane   Jan Engelbrecht 2082
Dogters 0/11       Zarlia Engelbrecht 1767   Marlise van Staden 1815   Janke Wasserman 1956
Dogters 0/13       Lianie Jansen van Vuuren 1974   Monya Slabbert 1933   Melisca van Heerden 1977
Dogters 0/15       Dessire van Staden 2156   Angelique Stronkhorst 2006
Dogters 0/19       Ishmonét Stronkhorst 1940  

Number of views (54083)/Comments (0)

Guss Davey
>

Guss Davey

Other posts by Guss Davey

Please login or register to post comments.

This website / town portal was founded and is maintained by Fineandcountry Lowveld Kruger South & Esselens Engelbrechts; developed by Nomoredots.  The administration/webmastering is done by Sonja Nel. Contributors are Komatipoort ( Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association / Neccta) - Jan Engelbrecht; Marloth Park - Gerrie Aucamp, and Malalane (Malalane Sakekamer) - Chris Engelbrecht.

News Images

Copyright 2017 by NECCTA