Back 

News

Boer steier

Mangoboer steier oor g'n krag

Author: Guss Davey/26 February 2008/Categories: Agriculture, Komatipoort

Rate this article:
No rating
Boer steier

Eskom se kragonderbrekings het 'n mangoboerdery van komatipoort tot dusver R130 000 gekos.

Mnr. Willem Smith van Komatipoort skryf aan landbou.com dat mango's is deel is van hul boerdery en hulle doen ook hul eie verpakking. Die kragonderbrekings het 'n geweldige invloed op ons pakhuis.

Die krag word net enige tyd afgeskakel en dan staan die pakhuis. Die volgende probleme ontstaan nou:

Duur pakhuisarbeid staan nou onproduktief rond want ons weet nie wanneer die krag weer aangeskakel gaan word nie.
Die plukspan gaan ook staan want alle kratte is vol en kan hulle nie verder pluk nie.
Elke dag wat die mango's langer aan die bome hang, word die vrugte ryper en is dan te ryp om na die mark te stuur en moet dan na sapfabriek gestuur word wat groot verliese teweeg bring. Die verskil tussen sappryse en wat ons op ooreenstemmende tyd op die markte kry is R10,20 per 4kg houer. Ons het 100 ton na die sapfabriek gestuur waarvan 50% mark toe kon gegaan het as dit betyds gepak kon gewees het.
Aangesien die oestydperk noodgedwonge langer aangehou het, moes ons ook die tydelike arbeid ook langer aan gehou het en het die loonrekening ook die hoogte ingegaan.
Ondoeltreffende besproeiing het ook gewasse benadeel.
Konserwatief gereken is ons verliese weens kragonderbrekings R130 000,00.

Number of views (48337)/Comments (0)

Guss Davey
>

Guss Davey

Other posts by Guss Davey

Please login or register to post comments.

This website / town portal was founded and is maintained by Fineandcountry Lowveld Kruger South & Esselens Engelbrechts; developed by Nomoredots.  The administration/webmastering is done by Sonja Nel. Contributors are Komatipoort ( Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association / Neccta) - Jan Engelbrecht; Marloth Park - Gerrie Aucamp, and Malalane (Malalane Sakekamer) - Chris Engelbrecht.

News Images

Copyright 2017 by NECCTA